In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, “ Die meisies van Maasdorp”. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks - een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Daar was reeds heruitgawes in 1956 en ‘n DERDE uitgawe in 1970 en 1995 met Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug (in sagteband) - meer as 75 jaar na die eerste verskyning!

Titels in die Vierde uitgawe (SAGTEBAND) van DIe MAASDORP-reeks is:

  1. Die meisies van Maasorp
  2. Die jongste meisie in Maasdorpskool
  3. Kobie regeer
  4. Kobie en die wonderkind
  5. Allegra op Maasdorp
  6. Maasdorp se drie musketiers
  7. Maasdorp se nuwe onderwyseres
  8. Hoofmeisie Kobie
  9. Kobie gaan verder
  10. Juffrou Kobie
  11. Jongspan oo Maasdorp
  12. Niggies op Maasdorp
  13. Maasdorp se redakrtises
  14. Maters op Maasdorp
  15. Maltrappe op Maasdorp
  16. Nukke op Maasdorp

maasdorp sag DIE meisies van Maasdorp blakemore

Die meisies van Maasorp
4de uitgawe (2004) van die Maasdorp-reeks
Geskryf deur Stella Blakemore
Vierde de uitgawe se Boeke is in sagteband uitgegee

Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Di mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!


 

Kliek hier vir die lys van 18 titles van die Maasdorp se EERSTE uitgawe

facebook logo lizmarbooks

Kliek hier van die lys van 12 titles van die Maasdorp se DERDE uitgawe

maasdorp sag die jongste meisie van Maasdorpskool blakemore

Die jongste meisie in Maasdorpskool
4de uitgawe (2006) van die Maasdorp-reeks
Geskryf deur Stella Blakemore

Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Na ’n opwindende kwartaal van kattekwaad, middernagfeeste, Elsabe se ongelooflike transformasie, sportwedstryde en Kobie se debuut as konsertpianiste, keer die meisies van Maasdorp terug na die bekende kosskool. Maasdorp maak ook kennis met Breggie Landsberg al op negejaar die skool se jongste leerder. Gou wys Breggie dat sy nie net die skool se jongste leerder is nie, maar ook die stoutste en selfs Kobie wonder of die skool gaan bly staan!


 

 

maasdorp sag kobie en die wonderkind blakemore

Kobie en die wonderkind
4de uitgawe (2013) van die Maasdorp-reeks
Geskryf deur Stella Blakemore

Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te h. Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graad elf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ‘n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ‘n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.

 

maasdorp sag Allegra op Maasdorpskool blakemore

Allegra op Maasdorp
4de uitgawe (2005 van die Maasdorp-reeks
Boek no 5 van die  vierde uitgawe van Maasdorp
Geskryf deur Stella Blakemore

Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waarom alles gewoonlik draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredenkamp, ’n weeskind wat danksy Kobie se pa na Maasdorp kom. Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig ’n aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, maar veral omdat haar gewese boesemvriendin, Marguerite Beyers, ook nou op Maasdorp is - en die twee kom net nie meer goed oor die weg nie. Om dinge erger te maak, word Allegra gou vriende met Breggie en Heloise - Maasdorp se stoutste leerders. Gelukkig vir Allegra is Kobie daar ; Kobie wat altyd ’n plan kan maak, Kobie wat tog maar op die ou end almal se liefling is.

 

Kliek hier vir die lys van 18 titles van die Maasdorp se EERSTE uitgawe

 

Kliek hier van die lys van 12 titles van die Maasdorp se DERDE uitgawe

facebook logo lizmarbooks

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015