Die DERDE uitgawe van die gewilde MAASDORP-reeks he,t anders as die EERSTE uitgawe en TWEEDE uitgawe nie uit 18 boeke beastaan nie, maar net uit 12 boeke. Boeke no 11 tot 16 van die vorige uitgawes, is  nie in die DERDE uitgawe opgeneem nie. Kliek hier vir titles van die eerste uitgawe

Maasdorp-reeks (1970 uitgawe - DERDE uitgawe)
1. Die meisies van Maasdorp - Stella Blakemore, Maasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
2. Die jongste meisie van Maasdorpskool - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
3. Kobie regeer - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
4. Kobie en die wonderkind - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
5. Allegra op Maasdorp - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
6. Maasdorp se drie musketiers - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
7. Maasdorp se nuwe onderwyseres - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
8. Hoofmeisie Kobie - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
9. Kobie gaan verder - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
10. Juffrou Kobie - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
11.Ontgroening op Maasdorp - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe
12. Lalage op Maasdorp - Stella BlakemoreMaasdorpreeks 1970 tweede uitgawe

Maasdorpreeks 2de uitgawe Blakemore

koop 'n boek 4

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Maasdorp no 1 Die meisies van Maasdorp skool 2de uitg Blakemore

Die meisies van Maasdorp
No 1 in Maasdorpreeks (Derde uitgawe)
Maasdorpreeks was geskryf deur Stella Blakemore

Die meisies van Maasdorp lui die bekende reeks boeke oor Kobie Malan in. Ons leer haar ondeunde maats ken en besef hoe arme Elsabe van den Heever, wat deur haar baie outydse tante grootgemaak is, tussen die moderne leerlinge moet voel! Elsabe het nog nooit meisies van haar eie ouderdom geken nie; sy dea outydse klere, op haar tante se patroon gemaak en het ‘n lang vlegsel wat vol olie gesmeer is. Haar taal is hoogdrawend en haar eerste paar weke op Maasdorp is ‘n nagmerrie - tot Elsabe haar soos ‘n heldin gedra en die ander meisies se bewondering afdwing.

In hierdie boek word ‘n kwartaal stampvol sensasie, grappe en ondervindinge belewe wat elke dogter se mond sal laat water om eendag ook ‘n leerling van die beroemde Maasdorpskool te wees!

Maasdorp no 2 die jongste dogter op Maasdorp skool 2de uitg Blakemore

Die jongste meisie van Maasdorpskool
No 2 in Maasdorpreeks (Derde uitgawe)
Maasdorpreeks was geskryf deur Stella Blakemore

Breggie Landsberg is Maasdorp se jongste leerling. Sy is ‘n meisie wat tuis baie bederf is en wat gewoonlik begin huil as sy nie haar sin kry nie. Dieselfde streek probeer sy ook op Maasdorp uithaal, met heeltemal ander gevolge.

Elke keer as Breggie ‘n idee kry, MOET dit uitgevoer word. Ongelukkig hou sy egter mooit rekening met die gevolge van haar planne nie; so word daar byvoorbeeld rowers gespeel waardeur die arme tuinman byna in sy huis verbrand: sonder verlof word die sjokoladefabriek besoek met noodlottige gevolge; en met die “beste bedoelings” word Breggie en die ontsnapte bandiet groot maats.

Dis egter nie net die jongste leerling wat Maasdorp op horings het nie - die pragtige Kobie Malan, met haar goue krulkop en ferweelbruin oŽ dra ook haar deel by om gedurig die onderwyseresse hoofbrekens te besorg

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Maasdorp no 4 Kobie en die wonderkind 2de uitg Blakemore Maasdorp

Kobie en die wonderkind
No 4 in Maasdorpreeks (Derede uitgawe)
Maasdorpreeks was geskryf deur Stella Blakemore

Carla Willemse het onder die skuilnaam Olga Willovitch die hele wÍreld deurreis om stampvol konsertsale met haar vioolspel te betower. Na haar moeder se dood het ‘n inhalige tante haar van haar vader se plaas weggeneem, har by die beste Europese professore laat lesneem en van haar ‘n wonderkind gemaak.

By haar uitvoering in Kaapstad, waar Kobie Malan ook teenwoordig was, het Carla se hande lam geword en die reeds sieke dogter kon nie meer speel nie. Toe haar tante sien dat sy niks meer geld uit Carla kon maak nie, het sy haar laat staan.

Gelukkig het meneer Willemse sy dogter Maasdorp toe gestuur waar niemand behalwe die hoof en ‘n onderwyseres geweet het dat Carla ‘n wÍreldberoemde violiste is nie. Maar Kobie doen ook haar bes om Carla te “genees” en die lief en leed wat die wonderkind deurmaak, asook die avonture van die ander dogters maak hierdie vervolg op Kobie regeer (Maasdorp-reeks no3) uitstaande!

facebook logo lizmarbooks

 

Maasdorp no 6 Maasdorp se drie musketiers 2de uitg Blakemore

Maasdorp se drie musketiers - Stella Blakemore
Boek no 6 in die Maasdorp reeks

Maasdorpreeks 1970 Derde uitgawe

Breggie Landsberg en Heloise Malan, Maasdorp se twee woeligste en slordigste meisies, word gestraf omdat hulle ‘n “onvergeeflike” sonde gepleeg het: hulle moet vriende maak met DaniŽla Lategan, die voorbeeldigste en netjiesste meisie in die skool. Die twee besluit egter om die sedige DaniŽla vir goed ‘n les te leer, maar ongelukkig (en tot albei se verbasing) kan Breggie se vindingryke brein nie gou genoeg aan ‘n plan dink nie. Hulle ontnugtering word groter toe hulle ontdek dat daar onder  DaniŽla se beskeie en onberispelike voorkoms ‘n duiweltjie skuil en dat sy geen gelyke het nie in die praksering van oorspronklike en verstommende streke. Die drietal word boesemvriendinne en stig die orde van die Drie Musketiers. Die ganse Maasdorp word op horings geneem met hulle kreet: Een vir Almal en almal vir Een!

Dis nie net die Drie Musketiers wat hulle in ‘n groot verknorsing bevind nie; ook Kobie Malan, die liefling van almal, kom in gedrang. Maar Maasdorp se drie Musketiers sorg tog ten slotte dat die katastrofe nie noodlottige gevolge het nie

 

 

Kliek hier vir inligting oor die 16 boeke in die Maasdorp se vierde uitgawe

 

Maasdorp no 7 Maasdorp se nuwe onderwyseres 2de uitg 

Maasdorp se nuwe onderwyseres Stella Blakemore
Maasdorp no 7

Maasdorpreeks 1970 derde uitgawe

In hierdie tintelinde Maasdorp-verhaal maak ons weer kennis met die lewenslustige Kobie Malan wat (soos altyd) in talle skoolavonture betrokke is en dikwels na die hoof, juffrou van der Westhuizen, se kantoor ontbied word. Kobie is nou reeds ‘n senior en een van die standerd nege-prefekte (deesdae graad11) wat ‘n besonderse belangstelling in ander mense se probleme begin ontwikkel.

Daar is hierdie keer nie ‘n nuwe meisie of ‘n wonderkind om Kobie en die koshuislewe in beroering te bring nie, maar daar is wel ‘n nuwe onderwyseres.

Ons maak weer kennis met die Drie Musketiers, met Allegra en met Carla Willemse, selfs met een van die onderwysers van die plaaslike seunskool, waardeur Kobie se jonger broer, Fanie, teen sy sin, ook in die kaskenades van die meisieskool ingesleep word

Maasdorp se nuwe onderwyseres is een van die sprankelende nuwe verhale in hierdie immergroen Maasdorp-reeks

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Maasdorp no 8 Hoofmeisie Kobie Maasdorp 2de uitg Blakemore

Hoofmeisie Kobie
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 8 van die Maasdorpreeks
Derde uitgawe wat in die 1970’s uitgee. 

Maasdorp no 8 Hoofmeisie Kobie Maasdorp info

facebook logo lizmarbooks

Maasdorp no 9 Kobie gaan verder Maasdorp Blakemore

Kobie gaan verder
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 9 van die Maasdorpreeks
Derde uitgawe wat in die 1970’s uitgee. 

Maasdorp no 9 Kobie gaan verder info

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Kliek hier vir inligting oor die 16 boeke in die Maasdorp se vierde uitgawe

Maasdorp no 10 Juffrou Kobie Maasdorp Blakemore Stella

Juffrou Kobie
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 10 van die Maasdorpreeks
Derde uitgawe wat in die 1970’s uitgee. 

Kobie Malan is weer terug op Maasdorp, maar nie meer as lewenslustige skooldogter, knap musiekstudent of as hoofmeisie nie; hierdie keer as een van die onderwyseresse van juffrou van der Westhuizen se personeel.

Kobie vorm weer die middelpunt van die wisselvallighede van die Maasdorpse skoollewe: daar is kattekwaad, ‘n ongeluk, liefdesavonture, pret en werk; en dan uiteindelik - die groot oomblik van haar lewe. Juffrou Kobie is derhalwe ook een van ide hoogtepunte van die reeks en bevat dieselfde kenmerkende eienskappe wat Stella Blakemore se maasdorpboeke so vo uitbundige vreugde, lewensgetrou en verheffend maak.

Maasdorp -ontgroening op maasdorp jeugboeke deur stella blakemore

Ontgroening op Maasdorp
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 11 van die Maasdorpreeks
Derde uitgawe wat in die 1970’s uitgee. 

Ontgroening op Maasdorp is gewis een van die heel opwindendste verhale in die reeks. Sommer met die intrapslag na die somervakansie word Maasdorpskool in ’n krisis gedompel, ’n krisis so ernstig dat dit wil voorkom asof die skool se ganse voortbestaan bedreig word: Matrone het onverwags, en skynbaar om onverklaarbare redes, bedank. Die bloedjong juffrou Hoedemann, haar plaasvervanger, se streng en ongenaakbare houding maak haar ongewild by die leerlinge en vererger sake aansienlik. Juffrou Van den Heever, die hoof, is in hierdie onrustige eerste dae self stiller as gewoonlik en vertrek dikwels op geheimsinnige sendings na die dorp. Bieks, die nuwe hoofmeisie, slaag nie daarin om na behore orde te handhaaf nie, die skoolgebou word byna deur ’n brand vernietig, een van die leerlinge word beskuldig dat sy die brand laat ontstaan het terwyl ‘n ander een byna daarin omkom. Wanneer sake egter dreig om in algehele chaos te ontaard, toon die Maasdorpers (asook ’n paar oud-Maasdorpers) hul staal en besef die leser waarom Maasdorp bekend staan as die mees gesogte meisieskool in die land.

Ontgroening op Maasdorp is ‘n verhaal wat die leser end-uit sal boei.

 

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos die Maasdorpreeks, Saartjie Baumann, Trompie en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Kliek hier vir inligting oor die 16 boeke in die Maasdorp se vierde uitgawe

facebook logo lizmarbooks

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015